
Graan SA stel oorsig van geskiedenis beskikbaar
Loading player...
Die Graan SA Geskiedenisoorsig, ‘n Reis deur tyd, is Dinsdagaand amptelik bekend gestel tydens ‘n aandgeselligheid op Nampo-park. Dit is in die vorm van ‘n interaktiewe e-boek wat aanlyn by www.grainsa.co.za besigtig kan word, of as ‘n PDF-dokument afgelaai kan word. Met hierdie uittreksel uit sy volledige toespraak praat Johan Smit van Infoworks, een van die mense wat betrokke by die geskiedenisprojek is, oor die inhoud van die nege hoofstukke.