
GABM-stigter gesels oor droogtehulp-aanbod
Loading player...
‘n Organisasie genaamd die Global Association of Billionaires and Millionaires het onlangs via sosiale media bekend gemaak dat hulle R1 miljard se befondsing vir droogtegeteisterde boere beskikbaar wil stel. GABM het egter vereis dat die regering moes voldoen aan sekere opskortbare voorwaardes en het ook die samewerking van georganiseerde landbou geëis. OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, het laat verlede week met GABM se stigter en voormalige president, Mark Paulsmeier, gesels. Hy vertel die droogtehulp-aanbod is gekanselleer omdat die regering nie teen die 6 Julie-sperdatum die nodige dokumentasie verskaf het en samewerking met GABM bevestig het nie. In hierdie uittreksel uit die volledige gesprek gesels Paulsmeier ook oor die virtuele geldeenheid wat in Rande sou oorgeskakel moes word om die boere te kan help.