SA se mooiste hoenders skud vere reg in Bultfontein

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur Sabrina Dean gesels met Danie Nieuwenhuizen, organiseerder van die Saspo Nasionale Pluimvee Kampioenskappe, wat hierdie week in Bultfontein plaasvind. Hy vertel daar gaan meer as 2400 voëls vertoon word, insluitend hoenders, watervoëls en kalkoene, met 96 vertoners van reg oor die land wat deelneem. Hy sê daar is ook vanjaar drie splinternuwe rasse wat nog nooit voorheen in Suid-Afrika geskou is nie. Hy het ‘n ieder en elk uitgenooi om te kom inloer en sê vir die wat belangstel om ‘n hoenderboerdery te begin is daar Donderdag laatmiddag ‘n veiling waar hulle van die beste teelmateriaal in die land sal kan opraap:
4 Jul 2016 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Waterbuffelmelk by Babylonstoren in Kaapse Wynlande is uniek

Waterbuffelmelk en 'n boerdery met waterbuffels is wat jy by Babylonstoren in die Kaapse Wynlande gaan kry. Die unieke boerdery word bedryf deur Kobus Lambrechts van die plaas Rietvlei. Isabel van Tonder gesels met Kobus om meer van die unieke boerdery uit te vind.
28 Sep 11PM 5 min