
Melkmanne aangeraai om beheer uit te oefen waar dit moontlik is
Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, het verlede week met die hoof uitvoerende bestuurder van die Melkprodusente-organisasie, dr. Chris van Dijk, gesels oor ‘n strategiese vergadering wat onlangs in Kroonstad gehou is. Hy vertel hulle het gekyk na verskillende aspekte wat wissel van die politiek en die uitwerking daarvan op produsente, tot die plaasvlak-elemente wat boere kan beheer. Hy sê planne sluit in om die volledige melkwaardeketting te ontleed. Hy gesels ook oor elemente soos om mielies te verskans om voerkoste beter te kan bestuur, probleme met vervoer, probleme met melktoetse en meer…