
Nuwe Vrystaatse RPO-voorsitter gereed vir wat voorlê
Loading player...
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat het verlede week tydens sy jaarkongres vir Nelius Ferreira as die nuwe voorsitter verkies. OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, het met hom gesels hieroor en het ook bietjie uitgevra oor uitdagings in die bedryf, sowel as die positiewe elemente van die bedryf. Hy sê hy is baie opgewonde om in die posisie te dien.