Oranjerivier-besproeiingsboere bekommerd oor waterbeperkings

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, gesels met Agri Noord-Kaap se Hoffie Joubert oor waterbeperkings wat glo ingestel gaan word op besproeiingsboere wat water uit die Oranje- en Vaalriviere trek. Joubert is van mening watergebruik, veral deur onwettige waterverbruikers, moet eers geverifieer word voordat sulke beperkings ingestel kan word. Hy sê beperkings sal veral ‘n slegte impak hê op boere wat kontantgewasse soos koring, gars en lusern moet besproei. Hy spreek ook sy kommer uit oor moontlikhede van water wat na bewering vanaf Lesotho na Botswana verskaf sal word.
13 Jun 2016 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Waterbuffelmelk by Babylonstoren in Kaapse Wynlande is uniek

Waterbuffelmelk en 'n boerdery met waterbuffels is wat jy by Babylonstoren in die Kaapse Wynlande gaan kry. Die unieke boerdery word bedryf deur Kobus Lambrechts van die plaas Rietvlei. Isabel van Tonder gesels met Kobus om meer van die unieke boerdery uit te vind.
28 Sep 11PM 5 min