
Dexter-manne sê daar’s geen ander ras vir hulle nie
Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, het verlede week ‘n draai gaan maak by die Dexters se nasionale kampioenskap op Bloemskou waar sy met Hendrik Strydom, voorsitter van die Vrystaatse Dexter-klub, gesels het. Hy vertel bietjie meer oor die dubbeldoel-kleinraam-beesras, en sê daar is vir hom geen ander beesras nie. Strydom sê die Dexter het ‘n fantastiese temperament, goeie melk- en vleiseienskappe en is ‘n bees wat in ‘n mens se hart inklim.