Nasionale skaapskeer-kampioenskap propvol opwinding

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, was Saterdag by Bloemskou waar sy met Hendrik Botha, president van die SA Skaapskeer-federasie, gesels het tydens die finale dag van die nasionale kampioenskap. Botha vertel dat inskrywings vanjaar amper verdubbel het teenoor verlede jaar. Die kompetiesie was ook baie taai soos skeerders hul bes gedoen het met die hoop om ingesluit te word in die nasionale span wat volgende jaar in Nieu-Seeland aan die wêreld-kampioenskap gaan deelneem. Botha sê die spoedskeer-kompetisie van Vrydagaand was ook ongelooflik opwindend. Die bestes het ‘n hele skaap binne ongeveer 40 sekondes geskeer.
3 May 2016 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Waterbuffelmelk by Babylonstoren in Kaapse Wynlande is uniek

Waterbuffelmelk en 'n boerdery met waterbuffels is wat jy by Babylonstoren in die Kaapse Wynlande gaan kry. Die unieke boerdery word bedryf deur Kobus Lambrechts van die plaas Rietvlei. Isabel van Tonder gesels met Kobus om meer van die unieke boerdery uit te vind.
28 Sep 11PM 5 min