RPO laat verbruikers smul aan skaapvleis-lekkerte

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, het verlede week ‘n draai gemaak by Bloemskou, waar sy by die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se stalletjie gaan kuier het. Sy gesels hier met die organisasie se Francois Botha oor wat aan die gang is by dié stalletjie waar lede van die publiek daagliks aan ‘n gratis skaapvleis-proesessies kan deelneem. Op dié dag het die mense gesmul aan skaapstertjies en kerrie-afval. Saterdag was daar ‘n skaapspitbraai waar die mense tou gestaan het om te proe … Botha vertel hulle beplan ook om delikatesse soos pofadders en skilpadjies vir die mense voor te berei, alles met die doel om verbruikers bietjie beter op te voed oor skaapvleiskeuses.
3 May 2016 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Waterbuffelmelk by Babylonstoren in Kaapse Wynlande is uniek

Waterbuffelmelk en 'n boerdery met waterbuffels is wat jy by Babylonstoren in die Kaapse Wynlande gaan kry. Die unieke boerdery word bedryf deur Kobus Lambrechts van die plaas Rietvlei. Isabel van Tonder gesels met Kobus om meer van die unieke boerdery uit te vind.
28 Sep 11PM 5 min