12 keatiewes, 12 uur, 4 nuwe Namibiese kinderboeke

Loading player...
Twaalf plaaslike kreatiewe persone het vier nuwe Namibiese kinderboeke in slegs 12 uur tydens die derde uitgawe van BookSprint Namibia 2026 by die Goethe-instituut vervaardig. Die inisiatief is daarop gemik om 'n leeskultuur onder kinders van drie- tot agt-jaar te bevorder deur hoëgehalte, plaaslik vervaardigde leesmateriaal te verskaf. Hoof van inligting en biblioteek by die instituut, Jasko Rust, sê na finale ontwerpverfynings sal die nuwe titels in 2027 in nege plaaslike tale vertaal word en gratis aan die publiek en opvoedkundige organisasies reg oor die land versprei word.
22 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verlig kragtariewe, vra Afriforum oor R30 miljard Eskom-wins

AfriForum vra Eskom om verligting op kragtariewe te bied nadat die kragvoorsiener 'n wins van 30-miljard Suid-Afrikaanse rand in die vorige boekjaar aangeteken het. Die organisasie het voor Eskom se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg betoog en 'n spaarvarkie en versoekskrif oorhandig waarin antwoorde geëis word oor stygende elektrisiteitskoste, bestuursbonusse en…
30 Oct 9AM 1 min

Veeprodusente kan hulp by Bank Windhoek kry

Bank Windhoek vra dat boere en produsente wat kontantvloeiprobleme ondervind weens bek-en-klouseer beperkings, hulle plaaslike takbestuurders moet nader. Die bank se besturende direkteur, James Chapman, het verwys na die bank se byna 150 miljoen Namibiese dollar in onlangse volhoubaarheids-uitbetalings, en bydraes tot die bek-en-klouseer-ondersteuningsfonds by die 2026 Bank Windhoek Landboureeks…
30 Oct 9AM 1 min

Iran-oorlog binnekort verby, sê JD Vance

Amerika se visepresident, JD Vance, glo president Donald Trump se administrasie sal sy doelwitte in Iran bereik. Volgens ʼn nuwe beraming deur Amerika se Sentrale Bevel het die oorlog, wat op 28 Februarie uitgebreek het, die land teen middel hierdie maand minstens 782,46-miljard Namibiese dollar gekos. Trump sê tensy Iran…
30 Oct 8AM 1 min

14 SME's deel N$1,1 miljoen finansiering

Veertien kleinsakeondernemings, wat al 14 streke verteenwoordig, deel in toekenningsfinansiering van 1,1 miljoen Namibiese dollar ná die eerste "SME Fund Chelete Cage Pitch"-geleentheid in Windhoek. Catherine Shipushu, uitvoerende beampte vir mededingendheid en handelsmerkvestiging by die Namibiese Beleggingsbevordering- en -ontwikkelingsraad, sê die befondsing volg op 'n landwye oproep wat byna 900…
30 Oct 8AM 1 min

EFF eis toegang tot beweerde geheime staatsoperasie

Die EFF het 'n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin hulle toegang versoek tot hofrekords in 'n bedrogsaak van 12-miljoen-rand, waarby twee voormalige beamptes van die Staatsveiligheidsagentskap betrokke is. Dit volg na bewerings dat die agentskap 'n geheime staatsintelligensie-operasie befonds het om inligting te verkry oor die…
30 Oct 7AM 1 min