
Koning Charles het kommer oor KI
Loading player...
Koning Charles het leiers in kunsmatige intelligensie gewaarsku teen die gevare indien die tegnologie in die verkeerde hande sou beland. Dit volg nadat twee Anthropic-navorsers gewaarsku het KI se vinnige vordering kan moontlik in die nabye toekoms tot die mensdom se uitwissing lei. Koning Charles sê kunsmatige intelligensie kan lewens red en verbeter, veral wat lewenswetenskappe en medisyne betref. Hy voeg egter by daar is ʼn dringende behoefte om die gevare te oorweeg indien sulke tegnologieë op katastrofiese maniere gebruik word:

