Verwag ‘n dag van goeie gees by die jaarlikse Hoërskool Jim Fouché gholfdag

Loading player...
Die dag is meer as net ‘n gholfdag, die dag beoog om Hoërskool Jim Fouché te ondersteun en is ‘n jaarlikse fondsinsameling geleentheid wat ondersteun word deur besighede en ywerige gholfspelers. Hoërskool Jim Fouché se Gholfdag vind plaas op Dinsdag, 22 September 2026 by die Bloemfontein Golf Club. Afslaantyd is 10:00 met ‘n “shotgun start” en ‘n BBS scramble dryf formaat. Kontak gerus Merice by 063 202 6387 vir navrae. Martin Genis, Bloemfontein Takbestuurder Avis Car Sales en Merice Erasmus, bemarker by Hoërskool Jim Fouché, sluit by Yolanda Maartens aan met al die besonderhede.
10 Sep 7AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Vat hande met Vrystaat Versorging in Aksie om jonk en oud te ondersteun

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) is ’n diensgerigte welsynsorganisasie wat deur hul 83 dienspunte ’n verskeidenheid maatskaplike dienste en ondersteuningsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe lewer. Dienste strek oor die volle omvang van lewe – van die wieg tot aan die graf. Die organisasie is ‘n aangewese Kinderbeskermingsorganisasie en lewer…
8 Sep 5AM 7 min

NWK Groephoof Uitvoerende Beampte: Pieter Kleingeld

Yolanda Maartens gesels met Pieter Kleingeld, Groephoof Uitvoerende Beampte by NWK hoofkantoor oor hul gemeenskaps projekte, en spesifiek oor hul Grip4Charity Golfdag. Pieter gee ook lekker terugvoer oor hoe gaan dit met hul Ysters in Landbou inisiatief.
4 Sep 4AM 4 min

NWK Bemarkingsbestuurder: Jacques de Wet

Yolanda Maartens kuier in Lichtenburg by die NWK hoofkantoor, en gesels met Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder, oor wat NWK se Ysters vir Landbou is, en waarom die inisiatief so belangrik is. Hul gesels oor hoe die publiek betrokke kan raak, en wat alles beplan word vir 9 Oktober.
4 Sep 4AM 4 min

Akademia se na-uurse afstand opsies bied buigbaarheid vir jou studies

Dianel Homsek, een van Akademia se nauurse afstandstudente sluit by Yolanda Maartens aan om te vertel hoe Akademia jou kan help om jou studiedrome te verwesenlik - dit terwyl jy werk of ander belangstellings najaag. Sy vertel ook watse programme beskikbaar is in hul afstandsmodel en deel haar studentelewe-ervaring. Studieaansoeke…
25 Aug 8AM 3 min