
Vat hande met Vrystaat Versorging in Aksie om jonk en oud te ondersteun
Loading player...
Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) is ’n diensgerigte welsynsorganisasie wat deur hul 83 dienspunte ’n verskeidenheid maatskaplike dienste en ondersteuningsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe lewer. Dienste strek oor die volle omvang van lewe – van die wieg tot aan die graf. Die organisasie is ‘n aangewese Kinderbeskermingsorganisasie en lewer maatskaplikewerkdienste in 16 dorpe in die Vrystaat. Die organisasie beskik verder oor uitgebreide dienste aan bejaardes wat insluit, Dienssentrums, Behuisingskemas, inrigtingversorging en nog meer. Ria Malan, Direkteur Maatskaplike Dienste en Melanie Kramer, Direkteur Bejaardesorgdienste by VVA sluit by Yolanda Maartens aan om oor VVA se behoeftes en dienste te praat.



