SA Reserwebank hou rentekoerse op 7%

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers onveranderd gehou op sewe-persent, in die lig van voortdurende inflasierisiko's en wêreldwye onsekerheid oor die konflik in die Midde-Ooste. Vier lede van die komitee was ten gunste daarvan om die koers onveranderd te laat, terwyl twee 'n verhoging van 25-basispunte verkies het. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê inflasie bly steeds hoër as die bank se drie-persent-teiken. Hy sê ekonomiese groei sal na verwagting in die komende maande verlangsaam weens swakker verbruikers- en sakevertroue.
23 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KI kan SA se mynbedryf laat herleef: studie

PwC Suid-Afrika se studie toon kunsmatige intelligensie en tegnologieë van die Vierde Nywerheidsrewolusie kan help om die land se sukkelende mynbedryf te laat herleef deur nuwe mineraalbronne te identifiseer en produktiwiteit te verbeter. Die mede-direkteur van Smart Mining, Ian Mackay, het tydens die Myn-vernuwingsuitstalling gesê die sektor word gekniehalter deur…
28 Jul 11AM 1 min

Chinese span gaan NNN se ooreenkomste implementeer

Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê 'n span landboukundiges en sakelui sal Namibië tussen September en Oktober besoek. Dit is om van die ooreenkomste wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar span tydens haar staatsbesoek aan China gesluit is, te implementeer. Hy het vanoggend by 'n perskonferensie in…
28 Jul 11AM 1 min

Pan-Afrikaanse Parlement vra dringende optrede in Soedan

Die Pan-Afrikaanse Parlement het 'n beroep gedoen op dringende optrede om die konflik in Soedan te beëindig en gewaarsku dat die land se verergerende humanitêre krisis nie geïgnoreer kan word nie. Wetgewers het tydens 'n vergadering in Suid-Afrika die parallelle regering van die Rapid Support Forces verwerp, sterker bemiddelingspogings van…
28 Jul 10AM 1 min

Toerismeraad vry hard na Botswana-toeriste

Namibië en Botswana het in 2023 paspoortlose reise met net nasionale identiteitskaarte tussen die twee lande bekendgestel, en onlangs nog 'n stap om toerisme-, handels- en beleggingsbande te versterk geneem. Die Namibiese Toerismeraad het 'n reeks strategiese vergaderings in Gaborone gelei om Namibië as 'n voorste reisbestemming te vertoon. Kosmos…
28 Jul 10AM 1 min