
Persoon van belang in Rehoboth-seun se moord in arres
Loading player...
NamPol het 'n man van Rehoboth in hegtenis geneem as 'n persoon van belang in verband met die moord op die 11-jarige Gerhardt Doëseb. Die Graad 5-leerder is as vermis aangemeld nadat hy op 11 September nie van die skool af by die huis aangekom het nie. Sy liggaam is later in 'n rivierbedding naby die Oanob-brug gevind deur meisies wat bokke opgepas het. Die polisie sê kneusplekke is aan sy liggaam opgemerk, en sy stiefpa word in verband met die moord ondervra. NamPol se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardap-streek, adjunkkommissaris Theodore Kutongondo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

