
AfriForum wil weet oor ondersoek na oud-Jhb burgemeester
Loading player...
AfriForum vra die polisie vir terugvoering oor die ondersoek na die voormalige Johannesburgse burgemeester, Thapelo Amad, se roekelose hantering van 'n vuurwapen. Hy verskyn na bewering in 'n video waarin hy in April vanjaar 'n vuurwapen in die openbaar afvuur. Jacques Broodryk van AfriForum sê hulle het 'n strafregtelike klagte ingedien rakende oortredings van die Wet op Vuurwapenbeheer. Hy sê daar was nog geen betekenisvolle vordering met die ondersoek nie:

