Engeland-kaptein loof ODI-reeksoorwinning oor Indië

Loading player...
Krieket: Engeland se kaptein, Harry Brook, het sy span se eendag-reeksoorwinning van 2-1 oor Indië geloof na hulle die derde wedstryd op Lord's gewen het. Aanvangskolwer Ben Duckett het 141 van 135 balle gemoker - die hoogste eendagtelling op die Londense veld - en die gashere het 383 vir sewe aangeteken. Indië het in tel gebly danksy Rohit Sharma se 138, maar met 27 lopies verloor. Brook is trots op hulle algehele vertoning:
20 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stem vir kleiner partye nie verlore: Bosa

Suid-Afrika vier vandag Internasionale Dag van Demokrasie en Build One South Africa sê 50-dae voor die plaaslike regeringsverkiesing 'n stem vir 'n kleiner party is nie 'n verlore stem nie. Graham Charters van die party sê gevestigde partye baat by die wanopvatting dat slegs hulle 'n werklike kans staan om…
15 Sep 11AM 1 min

Spreek foute met staatstoelaes dringend aan: kampvegters

Gestremdheidsregte kampvegters in die Kharas-streek doen 'n beroep op die regering om administratiewe foute wat begunstigdes se maandelikse toelaas affekteer so dringend moontlik aan te spreek. Dit, nadat sommige begunstigdes uitgesluit is van die onlangse verhoging van die staatstoelae van 100 Namibiese dollar. Die voorsitter van die People's Revolution Association,…
15 Sep 11AM 1 min

Nasionale jeugdiens vir almal verg deeglike beplanning

Die instelling van 'n verpligte nasionale jeugdiens, veral vir skoolverlaters, blyk om daagliks toenemende steun te kry. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hoewel die idee prysenswaardig is, enige stap in die rigting van verpligte diens deeglike openbare konsultasie, beleidsaanpassings en wetgewende prosesse vereis.
15 Sep 10AM 1 min

Persoon van belang in Rehoboth-seun se moord in arres

NamPol het 'n man van Rehoboth in hegtenis geneem as 'n persoon van belang in verband met die moord op die 11-jarige Gerhardt Doëseb. Die Graad 5-leerder is as vermis aangemeld nadat hy op 11 September nie van die skool af by die huis aangekom het nie. Sy liggaam is…
15 Sep 10AM 1 min