Spanje vat hom huis toe met 1-0 oorwinning

Loading player...
Spanje, het die heersende kampioene, Argentinië, in News Jersey in beseringstyd met 1-0 verslaan om hul tweede Wêreldbeker-titel te buit. Ferran Torres se doel in die 106de minuut het die sege beklink. Spanje spog nou met 38 onoorwonne wedstryde nadat dié land en Italië gelykop was. Spanje is die eerste land wat op dieselfde tyd die heersende kampioene in beide die mans- en vroue-Wêreldbeker is, nadat hulle die vroue-toernooi in 2023 gewen het. Torres sê dis spesiaal om die wendoel aan te teken:
19 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bibi sê hy en Trump het dieselfde doelwitte

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beskryf sy ontmoeting met president Donald Trump van Amerika as “een van die beste gesprekke” wat hulle nog gehad het. Die twee leiers het agter geslote deure by die Withuis vergader, die eerste keer sedert die gesamentlike oorlog teen Iran begin het. Die Withuis…
29 Jul 2AM 1 min

Groot beloftes van die ANC, veral oor lewenskostes

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party se hoogste prioriteit is om die stygende lewenskoste aan te pak. Mbalula het die regering versoek om brandstofheffingverligting te oorweeg om vervoer- en voedselkoste te verminder, aangesien wêreldwye konflikte olie- en kunsmispryse laat styg. Hy het die regering ook aangespoor…
29 Jul 2AM 1 min

ActionSA vra strenger wette oor die deursigtigheid van steunwerwing

ActionSA het planne aangekondig om 'n wetsontwerp op deursigtigheid van steunwerwing deur privaat lede in te stel om professionele voorspraak te reguleer en deursigtigheid in regeringsbesluitneming te verbeter. Die woordvoerder van die party, Lerato Ngobeni sê die voorgestelde wetgewing sal 'n openbare register van voorspraakmakers vestig, openbaarmaking van verbintenisse met…
29 Jul 1AM 1 min

Verbod op kraguitvoere duur voort

Die Elektrisiteitsbeheerraad het die hernuwing van 'n moratorium op die uitreiking van nuwe elektrisiteitsopwekkingslisensies vir uitvoerprojekte aangekondig. Die verbod, wat tot Januarie 2029 van krag is, is daarop gemik om die land se elektrisiteitsektor te beskerm, aangesien beperkte oorgrens-transmissiekapasiteit steeds kraguitvoere na die Suider-Afrikaanse Kragpoel beperk. Die Elektrisiteitsbeheerraad se woordvoerder,…
29 Jul 1AM 1 min

!Haoseb vorder tot by kwarteindronde

Die Namibiese bokser Philip Mutakela !Haoseb neem deel aan die Mans 55 kg, Bantamgewig/Veergewig-kategorie by die 2026 Statebondspele in Glasgow, Skotland.
29 Jul 1AM 1 min