Gryp in by munisipale boeke, sê Cosatu

Loading player...
Cosatu sê hy bly uiters bekommerd oor die gebrek aan omvattende ingrypings om die groot aantal munisipaliteite in finansiële nood bestendig te kry en te herbou. Cosatu sê daar is tentatiewe vordering in 42 wanbetalende munisipaliteite wat reageer het op die Nasionale Tesourie se tydelike terughouding van fondse en die geleidelike vrystelling van hierdie betalings. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê dis verstommend dat hierdie munisipaliteite nog geen planne voorgelê het om op Tesourie se oproep tot optrede te reageer nie:
19 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stem vir kleiner partye nie verlore: Bosa

Suid-Afrika vier vandag Internasionale Dag van Demokrasie en Build One South Africa sê 50-dae voor die plaaslike regeringsverkiesing 'n stem vir 'n kleiner party is nie 'n verlore stem nie. Graham Charters van die party sê gevestigde partye baat by die wanopvatting dat slegs hulle 'n werklike kans staan om…
15 Sep 11AM 1 min

Spreek foute met staatstoelaes dringend aan: kampvegters

Gestremdheidsregte kampvegters in die Kharas-streek doen 'n beroep op die regering om administratiewe foute wat begunstigdes se maandelikse toelaas affekteer so dringend moontlik aan te spreek. Dit, nadat sommige begunstigdes uitgesluit is van die onlangse verhoging van die staatstoelae van 100 Namibiese dollar. Die voorsitter van die People's Revolution Association,…
15 Sep 11AM 1 min

Nasionale jeugdiens vir almal verg deeglike beplanning

Die instelling van 'n verpligte nasionale jeugdiens, veral vir skoolverlaters, blyk om daagliks toenemende steun te kry. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hoewel die idee prysenswaardig is, enige stap in die rigting van verpligte diens deeglike openbare konsultasie, beleidsaanpassings en wetgewende prosesse vereis.
15 Sep 10AM 1 min

Persoon van belang in Rehoboth-seun se moord in arres

NamPol het 'n man van Rehoboth in hegtenis geneem as 'n persoon van belang in verband met die moord op die 11-jarige Gerhardt Doëseb. Die Graad 5-leerder is as vermis aangemeld nadat hy op 11 September nie van die skool af by die huis aangekom het nie. Sy liggaam is…
15 Sep 10AM 1 min