Kunene-boere mag nou gevaarlike leeus doodmaak

Loading player...
Kommunale boere in die Kunene-streek sê hulle word bemoedig deur die omgewingministerie se verbintenis om die groeiende mens-dier konflik rondom die Etosha Nasionale Park aan te spreek. Na 'n belanghebbendevergadering hierdie week het die uitvoerende lid van die Otjikaambuti-boerevereniging, German Kavetu-Muzuma, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die ministerie het boere gemagtig om leeus wat 'n onmiddellike bedreiging vir vee inhou, dood te maak.
17 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stem vir kleiner partye nie verlore: Bosa

Suid-Afrika vier vandag Internasionale Dag van Demokrasie en Build One South Africa sê 50-dae voor die plaaslike regeringsverkiesing 'n stem vir 'n kleiner party is nie 'n verlore stem nie. Graham Charters van die party sê gevestigde partye baat by die wanopvatting dat slegs hulle 'n werklike kans staan om…
15 Sep 11AM 1 min

Spreek foute met staatstoelaes dringend aan: kampvegters

Gestremdheidsregte kampvegters in die Kharas-streek doen 'n beroep op die regering om administratiewe foute wat begunstigdes se maandelikse toelaas affekteer so dringend moontlik aan te spreek. Dit, nadat sommige begunstigdes uitgesluit is van die onlangse verhoging van die staatstoelae van 100 Namibiese dollar. Die voorsitter van die People's Revolution Association,…
15 Sep 11AM 1 min

Nasionale jeugdiens vir almal verg deeglike beplanning

Die instelling van 'n verpligte nasionale jeugdiens, veral vir skoolverlaters, blyk om daagliks toenemende steun te kry. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hoewel die idee prysenswaardig is, enige stap in die rigting van verpligte diens deeglike openbare konsultasie, beleidsaanpassings en wetgewende prosesse vereis.
15 Sep 10AM 1 min

Persoon van belang in Rehoboth-seun se moord in arres

NamPol het 'n man van Rehoboth in hegtenis geneem as 'n persoon van belang in verband met die moord op die 11-jarige Gerhardt Doëseb. Die Graad 5-leerder is as vermis aangemeld nadat hy op 11 September nie van die skool af by die huis aangekom het nie. Sy liggaam is…
15 Sep 10AM 1 min