Yango se 'lang roetes': Windhoek is nie Moskou nie

Loading player...
Verbruikers en bestuurders in Namibië het verskeie klagtes ingedien oor Yango en ander e-taxi-dienste. Kwessies draai hoofsaaklik om ongelisensieerde bedrywighede, voertuigpadwaardigheid en regulatoriese inperkings. Die jongste is dat bestuurders buitengewoon lang roetes neem om “ekstra wag”-fooie by die ooreengekome tarief te voeg. Verbruikerskenner Milton Louw het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit aangespreek moet word voordat meer bestuurders dit uitbuit.
17 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bibi moet sê Trump vergadering was goed, hy het niks anders nie

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het niemand wat hom ondersteun nie, behalwe Amerikaanse president Donald Trump en daarom het hy geen keuse as om te sê sy ontmoeting met Trump was die beste ooit nie. Dit is die mening van Danny Citrinowicz, 'n kenner in intelligensie, nasionale veiligheid en die…
29 Jul 3AM 1 min

Sanral was nie opgewasse om R9,5 miljard tender toe te ken nie

Die uittredende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, Reginald Demana, erken die agentskap was nie opgewasse om die padonderhoud-tender van 9,5-miljard Suid-Afrikaanse rand aan ʼn paneel van 20 maatskappye toe te ken nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het die tender ongrondwetlik en onregmatig verklaar nadat twee konstruksiemaatskappye, BCB Solutions en…
29 Jul 3AM 1 min

Munisipaliteite moenie onbefondsde begrotings indien nie

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê munisipaliteite moet slegs begroot vir uitgawes wat deur beskikbare inkomste gefinansier kan word. Die Nasionale Tesourie gaan die oorblywende 7,1-miljard Suid-Afrikaanse rand van die 13,5-miljard-rand in gelykberegtigings-toelaes aan plaaslike regerings wat begin Julie teruggehou is, uitbetaal. Hlabisa waarsku munisipaliteite…
29 Jul 3AM 1 min

Kostes van oorgrensbetalings uiteengesit

Namate meer Namibiërs reis, aanlyn inkopies doen en betalings oor internasionale grense heen doen, dring Nedbank Namibië daarop aan dat verbruikers die ware koste van hierdie transaksies beter moet verstaan. Eunice Tjituka, die bank se senior bestuurder vir globale besigheid en tesourie-bedrywighede, sê hoewel oorgrensbetalings ontwerp is om vinnig en…
29 Jul 3AM 1 min

Bibi sê hy en Trump het dieselfde doelwitte

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beskryf sy ontmoeting met president Donald Trump van Amerika as “een van die beste gesprekke” wat hulle nog gehad het. Die twee leiers het agter geslote deure by die Withuis vergader, die eerste keer sedert die gesamentlike oorlog teen Iran begin het. Die Withuis…
29 Jul 2AM 1 min