Bokke-hulpafrigter lugtig vir Wallis

Loading player...
Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, waarsku dat Wallis Saterdag gevaarlik kan wees juis omdat hulle heel laaste op die Nasieskampioenskaps-ranglys is. Suid-Afrika mik na 'n derde oorwinning in die kompetisie nadat hulle reeds met Engeland en Skotland afgereken het. Wallis het vir Fidji geklop, maar teen Argentinië verloor. Suid-Afrika het Wallis in November verlede jaar sy grootste tuis-nederlaag ooit van 73-0 toegedien. Davids sê Wallis is nogtans ʼn baie mededingende span:
15 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sanders en Trump bondgenoot Bannon vra vir KI regulasie

Steve Bannon, een van president Donald Trump se vroegste raadgewers, en onafhanklike senator Bernie Sanders het albei Dinsdag by 'n byeenkoms aangedring op veiligheidsbeperkings vir kunsmatige intelligensie. Hulle het saam met 'n tweeparty-groep Kongreslede by die "Pro-Human Assembly" in Washington, DC verskyn. Hulle vra vir 'n mensgesentreerde benadering tot die…
15 Sep 11PM 1 min

Hill-Lewis vra beter wetstoepassing met Ekurhuleni-moorde

DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die ontdekking van sewe vroue se liggame in Ekurhuleni, Gauteng, sedert Julie toon die behoefte aan strenger optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê die regering moet ondersoeke verskerp en verseker die skuldiges word aan die man gebring. Hill-Lewis vra groter sigbare wetstoepassing, beter beligting en waarneming, en…
15 Sep 11PM 1 min

Stem vir kleiner partye nie verlore: Bosa

Suid-Afrika vier vandag Internasionale Dag van Demokrasie en Build One South Africa sê 50-dae voor die plaaslike regeringsverkiesing 'n stem vir 'n kleiner party is nie 'n verlore stem nie. Graham Charters van die party sê gevestigde partye baat by die wanopvatting dat slegs hulle 'n werklike kans staan om…
15 Sep 11AM 1 min

Spreek foute met staatstoelaes dringend aan: kampvegters

Gestremdheidsregte kampvegters in die Kharas-streek doen 'n beroep op die regering om administratiewe foute wat begunstigdes se maandelikse toelaas affekteer so dringend moontlik aan te spreek. Dit, nadat sommige begunstigdes uitgesluit is van die onlangse verhoging van die staatstoelae van 100 Namibiese dollar. Die voorsitter van die People's Revolution Association,…
15 Sep 11AM 1 min