Inbraak by Limpopo-wetgewer lig wenkbroue

Loading player...
Die United Africans Transformation vra 'n onafhanklike ondersoek na 'n verdagte inbraak by Limpopo se wetgewer. Die partylid Mighty Mabule sê die voorval wek ernstige kommer oor die veiligheid van openbare instellings en die moontlikheid dat belangrike bewyse aangetas kon wees. Hy vra die owerhede om 'n deursigtige ondersoek te verseker, die skuldiges aanspreeklik te hou en die openbare vertroue in die integriteit en veiligheid van die wetgewer te herstel:
14 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Agt Kaapse haweloses reis na Mexiko vir Homeless World Cup

Die Stad Kaapstad versterk sy vennootskap met Oasis Reach for Your Dreams deur middel van die Homeless World Cup-program, en gebruik sokker om hawelose mense te ondersteun. Die lid van die Burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham sê agt spelers is nou gekies om Suid-Afrika in Januarie volgende jaar…
16 Sep 1AM 1 min

Kanada spits hom op die EU

Eerste minister Mark Carney sê Kanada wil ʼn uitsonderlike ekonomiese en veiligheidsalliansie met die Europese Unie aangaan. Ottawa wil sy ekonomiese afhanklikheid van die VSA verminder nadat die handelsoorlog tussen dié twee lande die afgelope maand verskerp het. Sedert handelsgesprekke verlede maand skielik ineengestort het, probeer die twee lande mekaar,…
16 Sep 1AM 1 min

SAPD loof R400 000-beloning uit na 8 lyke gevind is

Die polisie het nog 'n liggaam in Ekurhuleni gevind, wat die totaal vroueliggame wat die afgelope twee maande in die metro ontdek is, op agt te staan bring. Die ministerie van Polisie het 'n beloning van 400 000 Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir inligting wat tot inhegtenisnemings kan lei. Die waarnemende…
16 Sep 1AM 1 min

Boetes sal gehef word vir rokers, en meer

Die gesondheidministerie stel boetes van tot 5 000 Namibiese dollar of 'n maand tronkstraf voor vir mense wat in die openbaar rook, in konsepwysigings aan die Wet op die Beheer van Tabakprodukte. Gesondheidsamptenaar Gabriel Joseph sê eienaars van openbare ondernemings wat rook toelaat, kan boetes van 60 000 dollar of…
16 Sep 1AM 1 min

Beskerming van Kunene se renosters kry hupstoot

’n Vennootskap wat oor meer as 20 jaar strek, verskerp die stryd om Namibië se Kunene-swartrenosters te beskerm. Die Save the Rhino Trust en ultimate.earth het gesamentlik meer as 610 000 Namibiese dollar belê in ’n toegewyde patrollievoertuig vir die Red Mountain-gesamentlike bestuursgebied, na aanleiding van die stropery verlede jaar…
16 Sep 12AM 1 min