Transworld Cargo belê groot in koueketting spilpunt

Loading player...
Transworld Cargo is tans besig om sy super-sentrum vir die uitvoer van vars produkte in Walvisbaai te voltooi en sal teen Oktober operasioneel wees. Dit is 'n reuse infrastruktuurprojek en meer as 170 miljoen Namibiese dollar is in die infrastruktuur belê. Dit kom na die toets-uitvoere van twee besendings vars avokadopere in April vanaf Zambië vroeër vanjaar. Fritz Kaufmann, die maatskappy se besigheid-ontwikkelingsbestuurder het meer.
14 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA Senaat keur nog sanksies teen Rusland goed

Die Amerikaanse Senaat het die volgende ronde sanksies teen Rusland goedgekeur. Die ronde verbreed sekondêre sanksies om derdeland-entiteite, buitelandse maatskappye en nasies te teiken wat voortgaan om Russiese ru-olie, natuurlike gas en belangrike hulpbronuitvoere te koop, sowel as voorsieningsketings wat komponente vir Rusland se militêr-industriële kompleks invoer. Dit verleng strawwe…
29 Jul 9AM 1 min

SANParke plant 1 000 struike vir pikkewyne

SANParke het ʼn duisend duine-spinasie-struike by die Boulders-pikkewynkolonie in Kaapstad aangeplant as deel van ʼn voortgesette veldtog om hulle habitat te herstel. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die saad is by Boulders geoes en by die Kaap die Goeie Hoop-kwekery ontkiem voor dit weer in die kolonie geplant is…
29 Jul 9AM 1 min

Onverskilligheid 'grootste bedreiging vir omgewing'

Die DA sê onverskilligheid is die grootste bedreiging vir omgewingsbeskerming en vra vir sterker optrede om biodiversiteit te beskerm. Dave Bryant van die party sê die Wes-Kaap het sy beskermde gebiede met meer as 81 000 hektaar uitgebrei met 25 nuwe natuurreservate oor die afgelope jaar. Bryant sê samewerking tussen…
29 Jul 8AM 1 min

NamWater begin belangrike pyplynprojek langs kus

NamWater het amptelik met die konstruksie van die Omdel-Wlotzkasbaken- en Kuiseb-Collector 2-Schwarzekuppe-pyplynvervangings in Swakopmund begin. Tydens die sooispit-seremonie het Abraham Nehemia, NamWater se uitvoerende hoof, gesê dat hierdie projekte verouderende grootmaat-watervoorsieningstelsels opgradeer om langtermynbronne vir Swakopmund en nabygeleë kusgemeenskappe te verseker. Die projekte sal na verwagting binne 12 maande voltooi…
29 Jul 8AM 1 min

Britse tronke: Kemi sê sy kan niks aan die verlede doen nie

Daar is 'n krisis in Britse tronke wat oorvol is. Met die onlangse bevriesing van vroeë vrylating deur Arbiedspremier Andy Burnham word daar voorspel dat alle gevangenisse teen November vol sal wees. Dit word gesien as 'n mislukking van die Tories wat 14 jaar aan bewind was en duisende nuwe…
29 Jul 6AM 1 min