Otjikondo-brand onder beheer gebring

Loading player...
Die brand wat Maandag Wes van Outjo ontstaan het is onder beheer gebring en nasorg word nou gedoen deur boere in die omgewing. Die NDF en die omgewingsministerie se bosboudepartement het ook Maandag hand bygesit. Boer Paul Laas sê die brandlyn word nou gestap en voorbereidings word getref indien dit weer opvlam.
14 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kempton-moorde: Een vas, nog een soek

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê ʼn verdagte is aangekeer in verband met een van die moorde wat in Julie in Kemptonpark, Ekurhuleni, gepleeg is en die polisie soek na nog ʼn persoon van belang. Agt vroue se liggame is die afgelope twee maande in die metro ontdek. Dimpane…
16 Sep 2AM 1 min

Verkrygingsraad en NaCC sal saamwerk

Die Namibiese Verkrygingsraad en die Mededingingskommissie se nuut-getekende memorandum van ooreenkoms beoog om tender “konkelary” en prysmanipulasie met regeringskontrakte te beveg. Die raad se uitvoerende hoof, Idi Itope sê die ooreenkoms sal owerhede in staat stel om openbare verkryging gelyktydig vanuit twee rigtings te monitor en korrupsie makliker te ontbloot…
16 Sep 2AM 1 min

Agt Kaapse haweloses reis na Mexiko vir Homeless World Cup

Die Stad Kaapstad versterk sy vennootskap met Oasis Reach for Your Dreams deur middel van die Homeless World Cup-program, en gebruik sokker om hawelose mense te ondersteun. Die lid van die Burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham sê agt spelers is nou gekies om Suid-Afrika in Januarie volgende jaar…
16 Sep 1AM 1 min

Kanada spits hom op die EU

Eerste minister Mark Carney sê Kanada wil ʼn uitsonderlike ekonomiese en veiligheidsalliansie met die Europese Unie aangaan. Ottawa wil sy ekonomiese afhanklikheid van die VSA verminder nadat die handelsoorlog tussen dié twee lande die afgelope maand verskerp het. Sedert handelsgesprekke verlede maand skielik ineengestort het, probeer die twee lande mekaar,…
16 Sep 1AM 1 min

SAPD loof R400 000-beloning uit na 8 lyke gevind is

Die polisie het nog 'n liggaam in Ekurhuleni gevind, wat die totaal vroueliggame wat die afgelope twee maande in die metro ontdek is, op agt te staan bring. Die ministerie van Polisie het 'n beloning van 400 000 Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir inligting wat tot inhegtenisnemings kan lei. Die waarnemende…
16 Sep 1AM 1 min