Trump sê Iran wil praat

Loading player...
President Donald Trump het op Air Force One met joernaliste gepraat na Woensdagaand se aanvalle wat sy weermag op Iran uitgevoer het. Hy sê Iran het kontak met die VSA gemaak wil blykbaar 'n ooreenkoms bereik.
9 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oud-Vervolgingsgesag-hoof 'moet vervolg word oor komplot teen Masemola'

Activists and Citizens Forum verwelkom die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, se besluit om aanklagte teen die geskorste polisiekommissaris, Fannie Masemola, terug te trek. Hy is beskuldig van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor die Medicare 24-tender. Woordvoerder Dennis Bloem sê die voormalige hoof van…
16 Sep 8AM 1 min

Beleggingskaart sal streeksekonomië bou, euwels hokslaan

Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa sê die nuut bekendgestelde beleggingskaart van 700 miljoen Namibiese dollar is daarop gemik om jeugwerkloosheid, armoede en toenemende sosiale euwels soos geslagsgebaseerde geweld aan te pak deur 'n selfonderhoudende plaaslike ekonomie te bou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Hamutumwa die bevordering van plaaslike entrepreneurskap…
16 Sep 8AM 1 min

Mense het goeie rede tot kommer oor KI - Altman

OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep…
16 Sep 6AM 1 min

NNN waarsku regbank oor integriteit, standaarde

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het verklaar dat korrupsie en ‘n gebrek aan integriteit geen plek in Namibië se strafregstelsel het nie, en gewaarsku dat openbare vertroue ineenstort as hofuitsprake as onregverdig geag word. Met die opening van die eerste driedaagse Staat van Geregtigheid-konferensie het sy regspraktisyns, landdroste en regterlike beamptes versoek…
16 Sep 6AM 1 min

Namibië se kookkuns bly tops

Sjef Dagmar Grüner is as Namibië se Sjef van die Jaar by die Nust Hotelskool gekroon en is die eerste deelnemer in meer as vyf jaar wat 'n goue sertifikaat verwerf het deur meer as 90 persent te behaal. Kompetisiebeoordelaar Sanet Prinsloo het ook Cara Kotze as Skoolsjef van die…
16 Sep 6AM 1 min