Vredesgesprekke tussen Rusland en Oekraïne is weer in die nuus, veral met president Donald Trump wat Oekraïne se aanvalle op Russiese energieteikens, wat hy sê die dieselprys opstoot, wil laat ophou. Maar, en dit is nie die eerste keer nie, sê president Volodymyr Zelensky voordat hy om ‘n tafel saam…
Nasan Energies het die eerste fase van sy program vir die verandering van sy diensstasies na sy handelsmerk toe suksesvol voltooi. Sestien voormalige Shell-vulstasies dwarsoor Namibië is na die Nasan-handelsmerk oorgeskakel. Dit sluit terreine in Rehoboth, Oshakati, Gobabis, Mariental, Kalkveld, Windhoek, Okahao, Walvisbaai, Outjo, Okahandja, Tsumeb, Ondangwa en Oshivelo in…
Activists and Citizens Forum verwelkom die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, se besluit om aanklagte teen die geskorste polisiekommissaris, Fannie Masemola, terug te trek. Hy is beskuldig van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor die Medicare 24-tender. Woordvoerder Dennis Bloem sê die voormalige hoof van…
Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa sê die nuut bekendgestelde beleggingskaart van 700 miljoen Namibiese dollar is daarop gemik om jeugwerkloosheid, armoede en toenemende sosiale euwels soos geslagsgebaseerde geweld aan te pak deur 'n selfonderhoudende plaaslike ekonomie te bou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Hamutumwa die bevordering van plaaslike entrepreneurskap…
OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.