Owerhede moet toerisme-misdaad hokslaan

Loading player...
Die Gasvryheidsvereniging spreek kommer uit oor 'n reeks misdade wat toeriste raak. Dit volg op onlangse inbrake by twee lodges naby Outjo, die aanranding van 'n toeris by Spitzkoppe, en 'n reeks reiswaarskuwings wat uitgereik is deur lande soos Kanada, Duitsland en die Verenigde State oor toenemende misdaad in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold gepraat, wat sê alle belanghebbendes, insluitend die polisie, moet beslissend optree om vertroue in die land se toerismesektor te herstel.
8 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oekraïne sal aanhou Russiese energieteikens aanval, Trump

Vredesgesprekke tussen Rusland en Oekraïne is weer in die nuus, veral met president Donald Trump wat Oekraïne se aanvalle op Russiese energieteikens, wat hy sê die dieselprys opstoot, wil laat ophou. Maar, en dit is nie die eerste keer nie, sê president Volodymyr Zelensky voordat hy om ‘n tafel saam…
16 Sep 9AM 1 min

Nasan vorder fluks met handelsmerk-verandering

Nasan Energies het die eerste fase van sy program vir die verandering van sy diensstasies na sy handelsmerk toe suksesvol voltooi. Sestien voormalige Shell-vulstasies dwarsoor Namibië is na die Nasan-handelsmerk oorgeskakel. Dit sluit terreine in Rehoboth, Oshakati, Gobabis, Mariental, Kalkveld, Windhoek, Okahao, Walvisbaai, Outjo, Okahandja, Tsumeb, Ondangwa en Oshivelo in…
16 Sep 9AM 1 min

Oud-Vervolgingsgesag-hoof 'moet vervolg word oor komplot teen Masemola'

Activists and Citizens Forum verwelkom die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, se besluit om aanklagte teen die geskorste polisiekommissaris, Fannie Masemola, terug te trek. Hy is beskuldig van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor die Medicare 24-tender. Woordvoerder Dennis Bloem sê die voormalige hoof van…
16 Sep 8AM 1 min

Beleggingskaart sal streeksekonomië bou, euwels hokslaan

Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa sê die nuut bekendgestelde beleggingskaart van 700 miljoen Namibiese dollar is daarop gemik om jeugwerkloosheid, armoede en toenemende sosiale euwels soos geslagsgebaseerde geweld aan te pak deur 'n selfonderhoudende plaaslike ekonomie te bou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Hamutumwa die bevordering van plaaslike entrepreneurskap…
16 Sep 8AM 1 min

Mense het goeie rede tot kommer oor KI - Altman

OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep…
16 Sep 6AM 1 min