Ramaphosa ampsklagkomitee vorder

Loading player...
Die parlement se ampsklagkomitee het begin om ʼn getuienisleier te identifiseer en politieke partye tot 10 Julie gegee om kandidate te benoem en voorleggings oor die verwysingsraamwerk te doen. President Cyril Ramaphosa word ondersoek na die inbraak op sy plaas, Phala Phala, in 2020. Voorsitter Makashule Gana sê hulle het ook in beginsel ingestem dat bykomende spesialis-ondersteuning moontlik mag wees, soos ʼn forensiese ondersoeker en 'n kenner van buitelandse valuta:
25 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EU baan weg om Kanada eerste geassosieerde lid te maak

Internasionaal en die EU baan die weg om Kanada sy eerste geassosieerde lid te maak. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dié status is nie tans in die liggaam se verdrae nie en beteken nie volle lidmaatskap nie. Sy meen so 'n reëling kan samewerking…
16 Sep 11PM 1 min

SA Verkiesingskommissie keur 136 000+ kandidate goed

In Suid-Afrika het die Verkiesingskommissie byna 136 800 kandidate goedgekeur om op 4 November aan die plaaslike regeringsverkiesing deel te neem. Groot metro's soos Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni sal stembriewe met twee kolomme gebruik weens die groot aantal politieke partye. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het op 'n…
16 Sep 11PM 1 min

ANC gaan appelleer teen uitsluiting van 181 kandidate

Die ANC sê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Verkiesingshof wat sy beswaar teen die uitsluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van die hand gewys het. Die party hou vol die kandidate se inligting was voor die sperdatum op die…
16 Sep 11AM 1 min

Spoedradar-SMS is 'n slenter: Padowerheid

Die Padowerheid waarsku die publiek teen 'n bedrieglike SMS wat beweer dat 'n spoedradar 'n verkeersoortreding vasgevang het. Die tipe slenter raak al hoe meer algemeen en wek kommer. Woordvoerder Hileni Fillemon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
16 Sep 11AM 1 min