EU baan weg om Kanada eerste geassosieerde lid te maak

Loading player...
Internasionaal en die EU baan die weg om Kanada sy eerste geassosieerde lid te maak. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dié status is nie tans in die liggaam se verdrae nie en beteken nie volle lidmaatskap nie. Sy meen so 'n reëling kan samewerking tussen die EU en Kanada op gebiede soos handel, verdediging, tegnologie, energie en kritieke minerale verder versterk. Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, beywer hom vir nouer bande met Europa namate betrekkinge met Amerika en president Donald Trump versuur. Carney het vroeër die dag oor Kanada se verhouding met Amerika gepraat:
16 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Partye vervreem jeug met bevrydingstryd-narratiewe

Openbare beleidsontleder Marius Kudumo sê dat politieke partye jong kiesers kan vervreem deur op historiese narratiewe uit die bevrydingstryd staat te maak, eerder as om oplossings te bied vir huidige probleme soos jeugwerkloosheid en armoede. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Kudumo oorbeklemtoning van die verlede kan 'n…
17 Sep 12AM 1 min

Konsultasies oor luiperdtrofeejagregulasies in Windhoek vandag

Die omgewingsministerie gaan vandag in Windhoek voort met openbare konsultasies oor luiperdtrofeejagregulasies, kwotas en fooie. Die sessie in Windhoek vind vanaf 08:00 by die Movenpick-hotel plaas. Hannes du Plessis, president van die Namibia Professional Hunting Association, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is belangrik dat belanghebbendes in die jagbedryf…
17 Sep 12AM 1 min

SA Verkiesingskommissie keur 136 000+ kandidate goed

In Suid-Afrika het die Verkiesingskommissie byna 136 800 kandidate goedgekeur om op 4 November aan die plaaslike regeringsverkiesing deel te neem. Groot metro's soos Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni sal stembriewe met twee kolomme gebruik weens die groot aantal politieke partye. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het op 'n…
16 Sep 11PM 1 min

ANC gaan appelleer teen uitsluiting van 181 kandidate

Die ANC sê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Verkiesingshof wat sy beswaar teen die uitsluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van die hand gewys het. Die party hou vol die kandidate se inligting was voor die sperdatum op die…
16 Sep 11AM 1 min