
ANC gaan appelleer teen uitsluiting van 181 kandidate
Loading player...
Die ANC sê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Verkiesingshof wat sy beswaar teen die uitsluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van die hand gewys het. Die party hou vol die kandidate se inligting was voor die sperdatum op die OVK se elektroniese stelsel ingevoer, maar die finale indiening is verhoed as gevolg van tegniese probleme. Mahlengi Bhengu van die ANC het lede en ondersteuners aangemoedig om kalm en gedissiplineerd te bly terwyl die regsproses voortduur:

