Lughawensmaatskappy juig oor nuwe vlugte

Loading player...
Die lugvaartsektor het hierdie week goeie nuus gekry. Discover Airlines gaan sy München-Windhoek diens uitbrei, en die Duitse lugredery Condor keer terug na Namibië vir die eerste keer sedert 2014. Saam met Edelweiss se nuwe Zürich-Windhoek roete, is dit opwindende tye vir die land se toerisme en ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy gepraat.
25 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EU baan weg om Kanada eerste geassosieerde lid te maak

Internasionaal en die EU baan die weg om Kanada sy eerste geassosieerde lid te maak. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dié status is nie tans in die liggaam se verdrae nie en beteken nie volle lidmaatskap nie. Sy meen so 'n reëling kan samewerking…
16 Sep 11PM 1 min

SA Verkiesingskommissie keur 136 000+ kandidate goed

In Suid-Afrika het die Verkiesingskommissie byna 136 800 kandidate goedgekeur om op 4 November aan die plaaslike regeringsverkiesing deel te neem. Groot metro's soos Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni sal stembriewe met twee kolomme gebruik weens die groot aantal politieke partye. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het op 'n…
16 Sep 11PM 1 min

ANC gaan appelleer teen uitsluiting van 181 kandidate

Die ANC sê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Verkiesingshof wat sy beswaar teen die uitsluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van die hand gewys het. Die party hou vol die kandidate se inligting was voor die sperdatum op die…
16 Sep 11AM 1 min

Spoedradar-SMS is 'n slenter: Padowerheid

Die Padowerheid waarsku die publiek teen 'n bedrieglike SMS wat beweer dat 'n spoedradar 'n verkeersoortreding vasgevang het. Die tipe slenter raak al hoe meer algemeen en wek kommer. Woordvoerder Hileni Fillemon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
16 Sep 11AM 1 min