Die Suid Afrikaanse Departement van Elektrisiteit en Energie en die Wêreldbankgroep het 'n strategiese raamwerk vir die ontwikkeling van aflandige windkrag in Suid-Afrika bekend gestel. Die bekendstelling was tydens die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad. Adjunkminister Alexandra Abrahams sê Suid-Afrika se geografiese ligging sorg vir bestendige windtoestande langs die kus, wat…
Die aktiviste vir sosiale geregtigheid, Shaun Gariseb en Michael Amushelelo, vergader vanoggend om tien met gemeenskapslede by die Katutura-jeugkompleks. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Gariseb dat dringende sosio-ekonomiese kwessies wat alle inwoners van Windhoek raak, bespreek sal word. Hy vra inwoners om self hul kwessies en uitdagings…
Die Amerikaanse Federale Reserwe het rentekoerse die eerste keer sedert 2023 verhoog om inflasie, wat bo sy teiken van twee-persent bly, te hanteer. Die federale raad het ʼn eenparige besluit geneem om die rentekoers met ʼn kwart persentasiepunt te verhoog na tussen 3,75-persent en vier-persent. Dit volg ten spyte van…
Sylvia Haoses, stigter van die Anti-Dwelm- en Middelmisbruikveldtog in Okahandja, het 'n verenigde, jaarlikse poging aangewend om toenemende dwelm- en alkoholmisbruik te bestry, en gewaarsku dat dwelm-verslawing bydra tot misdaad en gesinsgeweld in die dorp. Haoses beklemtoon dat die bekamping van middelmisbruik toeganklike rehabilitasiedienste, jeugvaardigheidsontwikkeling en aktiewe samewerking tussen ouers,…
Krieket Namibië sê die onlangse krieket-reekse wat hier in Windhoek gespeel is, was baie suksesvol. Die FNB Eagles het as gasheer opgetree vir Suid-Afrika en Zimbabwe tydens die FNB T20-drielandereeks en 'n daaropvolgende bilaterale eendag-reeks in Windhoek. Die Proteas het in Namibië skoonskip gemaak toe hulle het die FNB T20-drielandereeks-trofee…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.