
SA vakbond het vrae oor miljarde in verlore beleggings
Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare vra ʼn dringende en onafhanklike forensiese ondersoek na verlore beleggings deur die Openbare Beleggingskorporasie. Die vakbond se Isibaya-fonds het meer as 18,2-miljard Suid-Afrikaanse rand in 23 maatskappye belê wat uiteindelik ʼn interne inkomstekoers van minus 100-persent aangeteken het. Dit beteken die beleggings het al hul waarde verloor. Die vakbondwoordvoerder Claude Naicker sê die verlies van so ʼn aansienlike bedrag laat ernstige vrae ontstaan oor aanspreeklikheid, risikobestuur, besluitnemingsprosesse oor beleggings, en bestuurstrukture:

