
Waar is Rehoboth-dorpsraad se forensiese oudit, Sankwasa?
Loading player...
Die parlement soek antwoorde oor 'n beloofde forensiese oudit van die Rehoboth-dorpsraad, te midde van kommer oor beweerde finansiële wanbestuur en 145 miljoen Namibiese dollar wat aan NamWater en 140 miljoen dollar wat aan NamPower verskuldig is. PDM-LP Inna Hengari het vanmiddag in die Nasionale Vergadering lynminister James Sankwasa gevra om 'n opdatering te verskaf oor die ondersoek wat hy by 'n openbare vergadering in Rehoboth in Maart belowe het.

