Rekord witmielie-oes het implikasies, nie net vir produsente nie

Loading player...
Reaksie word ontvang op die Namibiese Akkerbouraad se voorspelling dat die witmielie-oes in vanjaar se bemarkingseisoen op 111 447 metrieke ton voorspel word. Dit plaas toenemende druk op berging, beplanning en bemarkingskoördinering in die bedryf. Die raad het vroeër reeds gewaarsku dat die aanbod die korttermynvraag in die vroeë maande van die bemarkingseisoen verreweg sal oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat, wat die implikasies vir plaaslike produsente verduidelik.
23 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fidji verklaar MIV-noodtoestand

Fidji het ‘n noodtoestand verklaar rakende MIV. Gesondheidsbeamptes skat dat ongeveer 1 uit elke 60 volwassenes in Fidji tans met MIV leef, 'n toename vergeleke met 1 uit 165 vyf jaar gelede. Die epidemie het uitgebrei van gekonsentreerde hoërisikogroepe na die algemene bevolking. Voorgeboortelike toetse toon dat ongeveer 1 uit…
17 Sep 4AM 1 min

Telekommunikasiesektor groei in K2 van 2026

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië sê die land se telekommunikasiesektor het ‘n beduidende positiewe groei in die tweede kwartaal van 2026 getoon. In sy jongste Tweede Kwartaal Statistiekbulletin, wat die tydperk April tot Junie 2026 dek, toon Cran-navorsing dat aktiewe mobiele SIM-kaartintekeninge met 2 persent tot ongeveer 2,79 miljoen intekeninge toegeneem…
17 Sep 3AM 1 min

SA loods aflandige windkrag raamwerk

Die Suid Afrikaanse Departement van Elektrisiteit en Energie en die Wêreldbankgroep het 'n strategiese raamwerk vir die ontwikkeling van aflandige windkrag in Suid-Afrika bekend gestel. Die bekendstelling was tydens die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad. Adjunkminister Alexandra Abrahams sê Suid-Afrika se geografiese ligging sorg vir bestendige windtoestande langs die kus, wat…
17 Sep 2AM 1 min

Gariseb en Amushelelo vergader om 10:00 met Katutura-inwoners

Die aktiviste vir sosiale geregtigheid, Shaun Gariseb en Michael Amushelelo, vergader vanoggend om tien met gemeenskapslede by die Katutura-jeugkompleks. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Gariseb dat dringende sosio-ekonomiese kwessies wat alle inwoners van Windhoek raak, bespreek sal word. Hy vra inwoners om self hul kwessies en uitdagings…
17 Sep 2AM 1 min

VS Federale Reserwe verhoog rentekoerse

Die Amerikaanse Federale Reserwe het rentekoerse die eerste keer sedert 2023 verhoog om inflasie, wat bo sy teiken van twee-persent bly, te hanteer. Die federale raad het ʼn eenparige besluit geneem om die rentekoers met ʼn kwart persentasiepunt te verhoog na tussen 3,75-persent en vier-persent. Dit volg ten spyte van…
17 Sep 1AM 1 min