
Agribank heroorweeg vereistes vir aartappelfinansiering
Loading player...
Agribank sê sy loodsprogram vir aartappelfinansiering wat in Maart 2025 van stapel gestuur is, toon dat baie kleinskaalse boere sukkel om aan die leningsvereistes te voldoen. Woordvoerder Fillemon Nangonya sê 26 boere het vir die tweejaar-loodsprogram aansoek gedoen, maar net vyf het gekwalifiseer na 'n deeglike ondersoekproses. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die program help die bank om te bepaal of die vereistes te beperkend is en hersien moet word.

