
Jeudiges pleeg meeste moorde in Wes-Kaap
Loading player...
Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgala, sê bendes werf jongmense om ernstige misdade, insluitend moord, te pleeg. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig bendes gebruik doelbewus jongmense omdat die strafregstelsel jong oortreders anders hanteer as volwassenes, wat hulle kwesbaar maak vir uitbuiting deur georganiseerde misdaadgroepe. Thobakgala sê bendes het gewoonlik 'n duidelike rangorde en sekere jong oortreders kom uit gesinne met 'n geskiedenis van bende-lidmaatskap:

