SA-regering ten R12,3 miljard toe vir infrastruktuur

Loading player...
Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die regering verskerp pogings om die land se water- en sanitasie-probleme aan te spreek. Die regering het in die huidige boekjaar 12,3 miljard Suid-Afrikaanse rand se infrastruktuur-toelaes aan munisipaliteite toegeken. Die doel is om watersekerheid te verbeter, verouderde infrastruktuur op te gradeer en toegang tot betroubare dienste in alle provinsies uit te brei. Majodina erken dat baie gemeenskappe deurloop onder wateronderbrekings, rioolstortings, vervalle watersuiweringstelsels en ernstige waterverliese:
18 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Grondhervorming 'moet meer deursigtig wees'

Die IPC doen 'n beroep op groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in Namibië se grondhervormingsproses. Die party se skaduminister van landbou en grondhervorming, Michael Mulunga, het kommer uitgespreek oor die aanstelling van die nuwe Raadgewende Kommissie vir Grondhervorming en aangevoer dat die keuringsproses nie voldoende openbare deelname en toesig ingesluit het…
17 Sep 10AM 1 min

Jeudiges pleeg meeste moorde in Wes-Kaap

Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgala, sê bendes werf jongmense om ernstige misdade, insluitend moord, te pleeg. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig bendes gebruik doelbewus jongmense omdat die strafregstelsel jong oortreders anders hanteer as volwassenes, wat hulle kwesbaar maak vir uitbuiting deur georganiseerde misdaadgroepe. Thobakgala sê bendes…
17 Sep 9AM 1 min

Nictus Holdings bring motordienste na Hosea Kutako-lughawe

Nictus Holdings het sy voetspoor vir motorverwante dienste na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgebrei met die opening van 'n gedeelde fasiliteit vir Auas Motors, Glasfit en TrenTyre. Die ontwikkeling bring voertuigverkope en -ondersteuning, motorruitdienste, banddienste en motorverhuringsdienste byeen in een toeganklike gebied by die lughawe. Philippus Tromp, die groep…
17 Sep 9AM 1 min

NamPol-opleiding NQF-5 geakkrediteer

Ingrypende hervormings word by wetstoepassingsopleiding ingestel, aangesien die Namibiese Kwalifikasie-owerheid die Namibiese polisiemag se Sertifikaat in Polisiewerk amptelik op NQF-vlak 5 geakkrediteer het. Dit bring al vier NamPol-opleidingsinstellings landswyd onder volle akkreditasie. Dit beteken ook dat die duur van die basiese opleiding verdubbel van ses maande tot 'n volle jaar,…
17 Sep 8AM 1 min

SA regering wil steeds met VSA praat: Roelf Meyer

Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, sê die regering wil dialoog met Washington voortsit, selfs in 'n moeilike diplomatieke tyd. Amerika het nuwe beperkings ingestel op persone wat volgens hom verantwoordelik is vir of medepligtig is aan beleid wat rasgegronde diskriminasie bevorder, dreigende geweld teen rasse- of etniese minderhede…
17 Sep 8AM 1 min