Jhb-polisie vind onderneming wat vervalle voedsel weer verpak, en verkoop

Loading player...
Die Johannesburgse Metropolisie het tydens 'n hoë-impak operasie, 'n onwettige onderneming in die middestad ontdek wat voedsel wat verval het, heretiketteer, en ook vermoedelik met gesteelde munisipale kabels handel dryf. Daar word beweer vervaldatums op voedselverpakking word met chemiese stowwe verwyder en met vervalste etikette vervang. Woordvoerder van JMPD, Xolani Fihla sê geen arrestasies is nog gemaak nie, maar ondersoeke duur voort en diegene wat verantwoordelik is, sal voor die gereg gebring word:
18 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbouministerie, Unam snoer kragte saam

Die landbouministerie het 'n memorandum van ooreenkoms met Unam onderteken om saam te werk aan navorsing, werk-geïntegreerde leer en hulpbrondeling. Adjunkminister Ruthy Masake het tydens die ondertekening beklemtoon dat die ooreenkoms akademiese navorsing en nasionale beleidsuitvoering sal oorbrug.
17 Sep 10AM 1 min

Capricorn-groep jaarresultate wys waarde ondanks uitdagings

Capricorn-groep het in sy geouditeerde jaar resultate vir die jaar wat op 30 Junie 2026 geëindig het, 'n wins na belasting van 1,87 miljard Namibiese dollar aangemeld, 6,4 persent laer as die vorige jaar. Johan Maass, die groep se finansiële direkteur, sê die resultaat toon die waarde van die maatskappy…
17 Sep 10AM 1 min

Grondhervorming 'moet meer deursigtig wees'

Die IPC doen 'n beroep op groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in Namibië se grondhervormingsproses. Die party se skaduminister van landbou en grondhervorming, Michael Mulunga, het kommer uitgespreek oor die aanstelling van die nuwe Raadgewende Kommissie vir Grondhervorming en aangevoer dat die keuringsproses nie voldoende openbare deelname en toesig ingesluit het…
17 Sep 10AM 1 min

Jeudiges pleeg meeste moorde in Wes-Kaap

Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgala, sê bendes werf jongmense om ernstige misdade, insluitend moord, te pleeg. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig bendes gebruik doelbewus jongmense omdat die strafregstelsel jong oortreders anders hanteer as volwassenes, wat hulle kwesbaar maak vir uitbuiting deur georganiseerde misdaadgroepe. Thobakgala sê bendes…
17 Sep 9AM 1 min

Nictus Holdings bring motordienste na Hosea Kutako-lughawe

Nictus Holdings het sy voetspoor vir motorverwante dienste na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgebrei met die opening van 'n gedeelde fasiliteit vir Auas Motors, Glasfit en TrenTyre. Die ontwikkeling bring voertuigverkope en -ondersteuning, motorruitdienste, banddienste en motorverhuringsdienste byeen in een toeganklike gebied by die lughawe. Philippus Tromp, die groep…
17 Sep 9AM 1 min