SA landbousektor 'wag en kyk oor minister-verandering'

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê die landbousektor wag om te sien of die voorgestelde leierskapsverandering in die landbouministerie 'n verbetering gaan wees. Die party sê berigte dat die voormalige DA-leier en minister van Landbou, John Steenhuisen, moontlik met Willie Aucamp vervang kan word, het die sektor in onsekerheid gedompel. Wynand Boshoff van die party sê Steenhuisen se ampstermyn het tekortkominge blootgelê met die hantering van krisisse soos die bek-en-klouseeruitbreking:
17 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Capricorn-groep jaarresultate wys waarde ondanks uitdagings

Capricorn-groep het in sy geouditeerde jaar resultate vir die jaar wat op 30 Junie 2026 geëindig het, 'n wins na belasting van 1,87 miljard Namibiese dollar aangemeld, 6,4 persent laer as die vorige jaar. Johan Maass, die groep se finansiële direkteur, sê die resultaat toon die waarde van die maatskappy…
17 Sep 10AM 1 min

Grondhervorming 'moet meer deursigtig wees'

Die IPC doen 'n beroep op groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in Namibië se grondhervormingsproses. Die party se skaduminister van landbou en grondhervorming, Michael Mulunga, het kommer uitgespreek oor die aanstelling van die nuwe Raadgewende Kommissie vir Grondhervorming en aangevoer dat die keuringsproses nie voldoende openbare deelname en toesig ingesluit het…
17 Sep 10AM 1 min

Jeudiges pleeg meeste moorde in Wes-Kaap

Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgala, sê bendes werf jongmense om ernstige misdade, insluitend moord, te pleeg. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig bendes gebruik doelbewus jongmense omdat die strafregstelsel jong oortreders anders hanteer as volwassenes, wat hulle kwesbaar maak vir uitbuiting deur georganiseerde misdaadgroepe. Thobakgala sê bendes…
17 Sep 9AM 1 min

Nictus Holdings bring motordienste na Hosea Kutako-lughawe

Nictus Holdings het sy voetspoor vir motorverwante dienste na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgebrei met die opening van 'n gedeelde fasiliteit vir Auas Motors, Glasfit en TrenTyre. Die ontwikkeling bring voertuigverkope en -ondersteuning, motorruitdienste, banddienste en motorverhuringsdienste byeen in een toeganklike gebied by die lughawe. Philippus Tromp, die groep…
17 Sep 9AM 1 min

NamPol-opleiding NQF-5 geakkrediteer

Ingrypende hervormings word by wetstoepassingsopleiding ingestel, aangesien die Namibiese Kwalifikasie-owerheid die Namibiese polisiemag se Sertifikaat in Polisiewerk amptelik op NQF-vlak 5 geakkrediteer het. Dit bring al vier NamPol-opleidingsinstellings landswyd onder volle akkreditasie. Dit beteken ook dat die duur van die basiese opleiding verdubbel van ses maande tot 'n volle jaar,…
17 Sep 8AM 1 min