Onwettige migrasie moet beheer word - Ramaphosa

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê onwettige migrasie, indien dit nie beheer word nie, hou 'n risiko in vir Suid-Afrika se veiligheid, bestendigheid en ekonomiese vooruitgang. Hy het gister die nasie toegespreek oor die regering se benadering tot onwettige migrasie en die onlangse toename in protesoptogte teen buitelandse burgers. Ramaphosa sê die regering erken die uitdagings wat burgers in die gesig staar, insluitend hoë vlakke van werkloosheid, armoede en onvoldoende toegang tot geleenthede. Hy sê frustrasie kan maklik gerig word op diegene wat as mededingers vir werk en hulpbronne beskou word:
8 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Carney sê demokratiese norme word bedreig

Kanadese premier Mark Carney het die Europese Unie se ambisie vir Kanada om sy eerste geassosieerde lid te word verwelkom, met 'n beroep op nouer samewerking in verdediging, kritieke minerale en energiesekuriteit. Carney het aan die Europese Parlement in Straatsburg gesê Kanada en Europa is sterker saam in die lig…
17 Sep 11PM 1 min

Mapisa-Nqakula se pruik-geskenk draai in hof

Die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, hou vol ’n pruik wat in WhatsApp-gesprekke met die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndlovu bespreek is, was werklik 'n pruik en nie ’n kode-woord vir geld nie. Sy is in die Hooggeregshof in Pretoria gevra hoekom sy herhaaldelik daarna verwys het. Mapisa-Nqakula, wat deur…
17 Sep 11PM 1 min

SA kleinhandelverkope styg 3,4% in Julie

Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope was in Julie 3,4-persent hoër as dieselfde maand verlede jaar. Die groei is hoofsaaklik aangevuur deur algemene handelaars, ander kleinhandelaars en winkels wat klere, skoeisel en voedselprodukte verkoop. Verkope het ook met 2,5-persent toegeneem vergeleke met Junie. Raquel Floris van Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het oor…
17 Sep 11AM 1 min

Gemengde boerdery voordelig vir beesboere: Akkerbouraad

Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Akkerbouraad, beklemtoon die toenemende belangrikheid van gemengde boerdery vir beesboere. Tydens sy toespraak vanoggend by die Nasionale Akkerbou- en Tuinbou-toekenningsgeleentheid in Gobabis, het hy gesê dat die kombinasie van beesboerdery en gewasverbouing aan boere ’n veerkragtige en selfonderhoudende sakemodel bied wat koste verlaag en…
17 Sep 11AM 1 min