Carney sê demokratiese norme word bedreig

Loading player...
Kanadese premier Mark Carney het die Europese Unie se ambisie vir Kanada om sy eerste geassosieerde lid te word verwelkom, met 'n beroep op nouer samewerking in verdediging, kritieke minerale en energiesekuriteit. Carney het aan die Europese Parlement in Straatsburg gesê Kanada en Europa is sterker saam in die lig van “geopolitieke opbreking”. Hy sê hulle samelewings word deur nuwe storms geteister, soos klimaatsverandering, die erosie van demokratiese norme en die bewapening van handel. Hy het gesê 'n Kanada-EU-alliansie sal 'n "baken vir ander demokrasieë" skep. Luister self.
17 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mapisa-Nqakula se pruik-geskenk draai in hof

Die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, hou vol ’n pruik wat in WhatsApp-gesprekke met die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndlovu bespreek is, was werklik 'n pruik en nie ’n kode-woord vir geld nie. Sy is in die Hooggeregshof in Pretoria gevra hoekom sy herhaaldelik daarna verwys het. Mapisa-Nqakula, wat deur…
17 Sep 11PM 1 min

SA kleinhandelverkope styg 3,4% in Julie

Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope was in Julie 3,4-persent hoër as dieselfde maand verlede jaar. Die groei is hoofsaaklik aangevuur deur algemene handelaars, ander kleinhandelaars en winkels wat klere, skoeisel en voedselprodukte verkoop. Verkope het ook met 2,5-persent toegeneem vergeleke met Junie. Raquel Floris van Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het oor…
17 Sep 11AM 1 min

Gemengde boerdery voordelig vir beesboere: Akkerbouraad

Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Akkerbouraad, beklemtoon die toenemende belangrikheid van gemengde boerdery vir beesboere. Tydens sy toespraak vanoggend by die Nasionale Akkerbou- en Tuinbou-toekenningsgeleentheid in Gobabis, het hy gesê dat die kombinasie van beesboerdery en gewasverbouing aan boere ’n veerkragtige en selfonderhoudende sakemodel bied wat koste verlaag en…
17 Sep 11AM 1 min

Landbouministerie, Unam snoer kragte saam

Die landbouministerie het 'n memorandum van ooreenkoms met Unam onderteken om saam te werk aan navorsing, werk-geïntegreerde leer en hulpbrondeling. Adjunkminister Ruthy Masake het tydens die ondertekening beklemtoon dat die ooreenkoms akademiese navorsing en nasionale beleidsuitvoering sal oorbrug.
17 Sep 10AM 1 min