Eienaarskap van elektriese voertuie brei uit

Loading player...
Electric Vehicles Namibia verwelkom die regering se besluit om die ontwikkeling van 'n landwye laainetwerk vir elektriese voertuie te ondersoek, en beskryf dit as 'n positiewe stap in die rigting van die uitbreiding van die aanvaarding van elektriese voertuie in die land. Dit volg op die bekendstelling van 'n proeflaaistasie by die vervoerministerie se hoofkwartier in Windhoek, wat as 'n toetsgeval vir 'n moontlike nasionale bekendstelling sal dien. Kosmos 94.1 Nuus het met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia gepraat:
8 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie wil meer hande met boere vat

Meer reserviste en private misdaadbestrydingsforums wat saam met die Namibiese polisie werk om misdaad op plase te bekamp, was Vrydag een van die besprekingspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verskeie…
13 Jun 2AM 1 min

Madlanga-kommissie looi Mashaba

Die Gautengse verkeerspolisiehoof Samuel Mashaba is streng ondervra by die Madlanga-kommissie omdat hy na bewering versuim het om die polisie van sekere onwettige aktiwiteite in kennis te stel. Dit volg te midde van ondersoeke na die Aeroton-dwelmonderskepping in 2021. Kommissaris Sesi Baloyi het Mashaba se bewering betwis dat hy sulke…
13 Jun 1AM 1 min

Copps 94.1: Bees veroorsaak ongeluk op B1

‘n Ongeluk waarin drie motors en ‘n bees op die B1-pad naby Brakwater betrokke was, was die vernaamste insident wat die aandag van die Copps 94.1-span tydens ‘n besonderse stil Vrydagaand in die hoofstad geverg het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was deel van die span saam met die Namibiese-…
13 Jun 12AM 1 min

Uitvoerbok-toetse vertraag, prys val meer as 50%

Daar is ‘n erge vertraging in die toetsing van bokke vir uitvoer op-die-hoef na Suid-Afrika, ‘n kritieke bron van inkomste, ook vir kleiner boere. Daar word beweer dat vertragings in die nodige bees-tuberkulose en Brusellose toetse tot vier weke duur en bokpryse het intussen met meer as 50 persent gedaal…
12 Jun 11AM 1 min