Telecom rol vesel uit

Loading player...
Telecom Namibia en die tegnologiemaatskappy Demshi Investment Holdings het 'n ooreenkoms onderteken wat daarop gemik is om vesel uit te rol in gebiede wat deur koperdiewe en vandale geteiken word. Dit sal Demshi toelaat om koper in brandpuntgebiede met vesel te vervang, wat lei tot 'n vermindering in koperdiefstal en vandalisme om 'n meer betroubare diens te verseker. Matias Mwetulundila, netwerkdienstebestuurder by Demshi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle hul ooptoegang-veselnetwerk sal gebruik om hoëspoed-internetdienste aan residensiële en sakekliënte te lewer.
7 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie wil meer hande met boere vat

Meer reserviste en private misdaadbestrydingsforums wat saam met die Namibiese polisie werk om misdaad op plase te bekamp, was Vrydag een van die besprekingspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verskeie…
13 Jun 2AM 1 min

Madlanga-kommissie looi Mashaba

Die Gautengse verkeerspolisiehoof Samuel Mashaba is streng ondervra by die Madlanga-kommissie omdat hy na bewering versuim het om die polisie van sekere onwettige aktiwiteite in kennis te stel. Dit volg te midde van ondersoeke na die Aeroton-dwelmonderskepping in 2021. Kommissaris Sesi Baloyi het Mashaba se bewering betwis dat hy sulke…
13 Jun 1AM 1 min

Copps 94.1: Bees veroorsaak ongeluk op B1

‘n Ongeluk waarin drie motors en ‘n bees op die B1-pad naby Brakwater betrokke was, was die vernaamste insident wat die aandag van die Copps 94.1-span tydens ‘n besonderse stil Vrydagaand in die hoofstad geverg het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was deel van die span saam met die Namibiese-…
13 Jun 12AM 1 min

Uitvoerbok-toetse vertraag, prys val meer as 50%

Daar is ‘n erge vertraging in die toetsing van bokke vir uitvoer op-die-hoef na Suid-Afrika, ‘n kritieke bron van inkomste, ook vir kleiner boere. Daar word beweer dat vertragings in die nodige bees-tuberkulose en Brusellose toetse tot vier weke duur en bokpryse het intussen met meer as 50 persent gedaal…
12 Jun 11AM 1 min