Tommy Fleetwood deel eerste plek met drie by Muirfield

Loading player...
Tommy Fleetwood van Engeland is op vyf onder 67 deel van vier voorlopers na die eerste ronde van die PGA-gedenktoernooi in Ohio. Die ander is die Amerikaners, Wyndham Clark, JJ Spaun en Ryan Gerard. Die Kanadees, Nick Taylor, is een hou agter die vier voorlopers. Die heersende tweemalige kampioen, die Amerikaner Scottie Scheffler, het sy rondte afgesluit met een hou oor, terwyl Rory McIlroy van Noord-Ierland met een onder 71 geopen het. Fleetwood sê die baan by Muirfield Village is die grootste toets:
5 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Koning Charles het kommer oor KI

Koning Charles het leiers in kunsmatige intelligensie gewaarsku teen die gevare indien die tegnologie in die verkeerde hande sou beland. Dit volg nadat twee Anthropic-navorsers gewaarsku het KI se vinnige vordering kan moontlik in die nabye toekoms tot die mensdom se uitwissing lei. Koning Charles sê kunsmatige intelligensie kan lewens…
18 Sep 1AM 1 min

IUM se RusNam-sentrum bevorder uitruilings, onderrig

Die stigter van die International University of Management en voorsitter van RusNam, David Namwandi, sê die universiteit brei sy vennootskap met Russiese instellings uit na gesamentlike wetenskaplike navorsing en akademiese uitruilings. Dit volg na drie jaar van suksesvolle Russiese taalonderrig deur die RusNam-sentrum. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus…
18 Sep 1AM 1 min

Renmotors brul die naweek op Henties

Na sowat 14 jaar sal Hentiesbaai Saterdag weer gasheer speel vir ’n tydren. Die laaste byeenkoms op Hentiesbaai is in 2012 deur die Walvisbaai-motorklub gehou, wat ook Saterdag die vierde rondte van die 2026 Namibiese nasionale tydrenkampioenskap sal aanbied. Die JAC Motors-tydren begin om tienuur by die Hentiesbaai gholfklub. Francois…
18 Sep 12AM 1 min

Groot opgewondenheid vir die Windhoek-skou

Die 2026 Windhoekse Landbou- en Vee-skou sal na verwagting dié jaar stampvol sterk deelname van vee sowel as geleenthede vir plaaslike handel en innovasie in die kollig plaas. Harald Schmidt, uitvoerende hoof van die Windhoekse Skougenootskap, sê bykans 500 beeste van 11 verskillende rasse is geregistreer, tesame met meer as…
18 Sep 12AM 1 min

Staatshospitale, -klinieke moet beter omsien na pasiënte

Die adjunk-uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Taimi Amaambo, het gesondheidsorgfasiliteite aangemoedig om toe te sien dat pasiënte se bekommernisse en klagtes behoorlik ontvang en spoedig aangespreek word. Amaambo het die by die Windhoek Sentrale Hospitaal gemaak tydens die herdenking van Wêreldpasiëntveiligheidsdag 2026.
18 Sep 12AM 1 min