Behuisingsfokus moet verskuif, sê kenner

Loading player...
Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê byna 70 persent van Namibiërs kan nie meer formele behuising bekostig nie, aangesien stygende eiendomspryse, beperkte gedienste grond en 'n behuisingsmark wat deur finansiële instellings oorheers word, gewone werkers steeds uitsluit van huiseienaarskap. Huispryse het die afgelope paar jaar van onder 200 000 Namibiese dollar in 2000 tot tussen 1,3 en 1,4 miljoen dollar gestyg, terwyl die gemiddelde werker 5 000 dollar of minder per maand verdien. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Kakujaha-Matundu dat die fokus van alleenstaande huise moet verskuif.
29 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Donderstorms, wind oor naweek in sommige dele

Weerstoestande sal na verwagting vanaf vanaand oor groot dele van Namibië meer aktief raak namate verskeie afsny-laedrukstelsels oor die streek op mekaar inwerk. Die meteoroloog Albertina Anderson van die weerdiens sê donderstorms en sterk wind kan in dele van die land verwag word. Sy het meer:
18 Sep 10AM 1 min

Unam-gesprek oor onopgeloste onregte eer Lubowski

Unam bied Maandag om 5-uur 'n rondetafelgesprek op sy Windhoek-kampus aan wat fokus op aanspreeklikheid, geregtigheid en wat die organiseerders beskryf as die stryd om Namibië se "ware onafhanklikheid". Die geleentheid, wat gehou word ter ere van die vermoorde regsgeleerde en onafhanklikheid-voorstander Anton Lubowski, bring verskillende stemme byeen om te…
18 Sep 10AM 1 min

NV in duister, komitee oor volksmoord word gestig: Job

Die leier van die Affirmative Repositioning-party, Job Amupanda, het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat 'n Gekose Komitee oor Volksmoord gestig sal word om wetgewers voor te berei vir die komende Gesamentlike Verklaring tussen Namibië en Duitsland. Amupanda waarsku dat die parlement onvoorbereid is en in die duister gehou…
18 Sep 10AM 1 min

Bok-vroue het plan om Wallis te klop

Rugby: Die kaptein van die Springbok-vrouespan, Babalwa Latsha, sê hul wedstrydplan sal die sleutel wees om Wallis vanaand te klop in hul eerste W-15-wêreldreekswedstryd op Cardiff Arms Park. Die twee lande het al agt keer teen mekaar gespeel en Wallis het ses keer gewen, insluitend in 2014 se Wêreldbekertoernooi. Latsha…
18 Sep 9AM 1 min

Trump hou vol VSA wen, Iran stort ineen

Amerikaanse president Donald Trump het herhaal dat Iran 'n ooreenkoms wil bereik maar nog nie bereid is om die voorwaardes wat hy meen nodig is, te aanvaar nie. Een van die grootste probleme is die Straat van Hormuz, die strategiese waterweg waardeur 'n aansienlike deel van die wêreld se olie…
18 Sep 9AM 1 min