Tennis: Serena Williams maak dalk terugkeer

Loading player...
Die 23-malige Grand Slam-kampioen, Serena Williams, beplan glo om volgende maand haar terugkeer te maak op die grasbane van Queen’s Club in Londen. Die 44-jarige Amerikaner het ʼn los lootjie versoek om in die dubbelspel saam met die Kanadees, Victoria Mboko, te speel ná ses maande in die opkikker-toetsgroep. Williams het laas in 2022 in die Amerikaanse Ope gespeel en gesê sy het nie uitgetree nie, maar eerder net weg beweeg van die sport. Mboko weier om die berigte te bevestig:
29 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bok-vroue het plan om Wallis te klop

Rugby: Die kaptein van die Springbok-vrouespan, Babalwa Latsha, sê hul wedstrydplan sal die sleutel wees om Wallis vanaand te klop in hul eerste W-15-wêreldreekswedstryd op Cardiff Arms Park. Die twee lande het al agt keer teen mekaar gespeel en Wallis het ses keer gewen, insluitend in 2014 se Wêreldbekertoernooi. Latsha…
18 Sep 9AM 1 min

Trump hou vol VSA wen, Iran stort ineen

Amerikaanse president Donald Trump het herhaal dat Iran 'n ooreenkoms wil bereik maar nog nie bereid is om die voorwaardes wat hy meen nodig is, te aanvaar nie. Een van die grootste probleme is die Straat van Hormuz, die strategiese waterweg waardeur 'n aansienlike deel van die wêreld se olie…
18 Sep 9AM 1 min

Kry verslag nou klaar, hoor ad hoc-komitee

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die ad hoc-komitee gewaarsku om nie van sy mandaat af te wyk nie, sy werk af te handel en sy verslag voor te lê. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel en het verlede week sy sesde…
18 Sep 8AM 1 min

Dis ons plig om Kuba te help: NNN

'n Solidariteitsete ter ondersteuning van Kuba het meer as 19 miljoen Namibiese dollar in beloftes ingesamel en sodoende die aanvanklike doelwit van 5 miljoen Namibiese dollar oortref. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het burgers aangemoedig om die fondsinsamelingspoging te steun en beklemtoon dat Namibië se bystand nie 'n blote transaksionele liefdadigheidsdaad is…
18 Sep 8AM 1 min

Bewyse dat VSA aanval op Iranse skool oorlogmisdaad is

ʼn Paneel menseregte-kenners van die Verenigde Nasies sê hulle het redelike gronde gevind dat Amerika in twee aanvalle in Iran waarin minstens 178 burgerlikes dood is, oorlogsmisdade gepleeg het. ʼn Nuwe verslag deur die onafhanklike internasionale feite-sending in Iran het bevind die missiel-aanvalle in Februarie op ʼn laerskool in Minab…
18 Sep 6AM 1 min