Soldate in Kaap leef in haglike omstandighede

Loading player...
Die GOOD-party sê soldate wat as deel van Operasie Prosper ontplooi is, leef in onaanvaarbare omstandighede by 'n militêre basis in Kaapstad, ondanks 'n begroting van 823 miljoen rand. Die party beweer bykans 146 troepe deel slegs drie toilette, met een toilet wat volgens berigte buite werking is. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron sê dit val ver onder basiese sanitasiestandaarde en toon swak beplanning in die operasie. Herron waarsku dat die situasie soldate se moraal en prestasie kan beïnvloed:
28 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kavango-Wes ly steeds onder armoede, swak dienste

Volgehoue armoede en swak landelike dienste hou die Kavango-Wes-streek steeds terug. Van watertekorte tot beperkte toegang tot gesondheid en onderwys, staar die streek diep, multidimensionele probleme in die gesig. Goewerneur Verna Sinimbo het in haar streeksrede inwoners, die regering en vennote aangespoor om saam te staan en gesê eenheid en…
14 Jun 3AM 1 min

DA kla by Menseregtekommissie oor statutêre verkragting

Die DA sê duisende tienerswangerskappe beklemtoon 'n ernstige ineenstorting in die regering se stelsel vir die aanmelding en vervolging van seksuele misbruik van kinders. Die party het 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien omdat baie gevalle van statutêre verkragting nie soos deur die wet vereis, behoorlik aangemeld word nie…
14 Jun 2AM 1 min

Rugby: Windhoek Gimnasium se o/19A's klop WHS net-net

Windhoek Gimnasium se o/19A-rugbyspan het Saterdagaand die jaarlikse interhoër teen WHS op ‘n hoë noot afgesluit deur hul naelbyter-kragmeting teen die Koedoes met 25-24 te wen. Ruda Schoeman van Kosmos 94.1 het ná die wedstryd met JD Jankowitz, wenkaptein van die Leeus, gepraat:
14 Jun 1AM 1 min

Wêreldbloedskenkerdag: Meer as 32 000 gereelde skenkers in Namibië

Terwyl Namibië vandag by die wêreld aansluit om Wêreldbloedskenkerdag te herdenk, sê die Bloedoortappingsdiens dat die land baie van sy streekseweknieë in bloedinsameling oortref, danksy meer as 32 000 gereelde skenkers. Die diens se Frieda Vatileni-Asino het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat ten spyte daarvan dat hulle verlede jaar…
14 Jun 12AM 1 min

Swak internet kniehalter misdaadstryd op plase

Swak internetverbinding in landelike gebiede kniehalter doeltreffende misdaadbekamping in die landboussektor en was Vrydag een van die fokuspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
13 Jun 7AM 1 min