Volgehoue armoede en swak landelike dienste hou die Kavango-Wes-streek steeds terug. Van watertekorte tot beperkte toegang tot gesondheid en onderwys, staar die streek diep, multidimensionele probleme in die gesig. Goewerneur Verna Sinimbo het in haar streeksrede inwoners, die regering en vennote aangespoor om saam te staan en gesê eenheid en…
Die DA sê duisende tienerswangerskappe beklemtoon 'n ernstige ineenstorting in die regering se stelsel vir die aanmelding en vervolging van seksuele misbruik van kinders. Die party het 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien omdat baie gevalle van statutêre verkragting nie soos deur die wet vereis, behoorlik aangemeld word nie…
Windhoek Gimnasium se o/19A-rugbyspan het Saterdagaand die jaarlikse interhoër teen WHS op ‘n hoë noot afgesluit deur hul naelbyter-kragmeting teen die Koedoes met 25-24 te wen. Ruda Schoeman van Kosmos 94.1 het ná die wedstryd met JD Jankowitz, wenkaptein van die Leeus, gepraat:
Terwyl Namibië vandag by die wêreld aansluit om Wêreldbloedskenkerdag te herdenk, sê die Bloedoortappingsdiens dat die land baie van sy streekseweknieë in bloedinsameling oortref, danksy meer as 32 000 gereelde skenkers. Die diens se Frieda Vatileni-Asino het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat ten spyte daarvan dat hulle verlede jaar…
Swak internetverbinding in landelike gebiede kniehalter doeltreffende misdaadbekamping in die landboussektor en was Vrydag een van die fokuspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.